0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (7)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Mynhardt die Moeilike Kind (Afrikaans, Hardcover): Michael Sussman Mynhardt die Moeilike Kind (Afrikaans, Hardcover)
Michael Sussman; Illustrated by Julia Sarda; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days
Vrolik (Afrikaans, Hardcover): Mies van Hout Vrolik (Afrikaans, Hardcover)
Mies van Hout; Illustrated by Mies van Hout; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R140 R117 Discovery Miles 1 170 Save R23 (16%) Ships in 4 - 8 working days

'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met helderkleurige visse wat verskillende emosies uitbeeld – van opgewonde tot hartseer, van verlee tot trots, en van kwaad tot gelukkig. Die visse en die enkele woorde van die emosies wat elkeen uitbeeld is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Die boek is 'n internasionale sukses en is in Duitsland vir die gesogte Deutscher Jugendliteraturpreis genomineer.

Vriende (Afrikaans, Hardcover): Mies van Hout Vriende (Afrikaans, Hardcover)
Mies van Hout; Illustrated by Mies van Hout; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R56 R48 Discovery Miles 480 Save R8 (14%) Ships in 4 - 8 working days

'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein monstertjies uit en sluit aan by Vriende, die vertaling van Vriendjes, ook van Mies van Hout wat in 2015 deur Protea Boekhuis gepubliseer word.

Word wakker, Walter (Afrikaans, Hardcover): Lorraine Francis Word wakker, Walter (Afrikaans, Hardcover)
Lorraine Francis; Illustrated by Pieter Gaudesaboos; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Walter raak op die vreemdste plekke aan die slaap; in die middel van ’n hewige storm, in die swembad, selfs op sy eie verjaarsdagpartytjie. Sy bekommerde ouers sleep hom na allerhande dokters toe en probeer alles om hom wakker te maak – van gruwelike spinnekoppe en ’n groot blaasorkes van 65 musikante. Maar niks of niemand kan hom wakker maak nie. Dan gebeur daar egter iets verrassends. ’n Prettige prenteboek oor slaap met groot illustrasies en treffende moderne ontwerp deur Pieter Gaudesaboos.

Olifant Se Vraag (Afrikaans, Hardcover): Leen Van Den Berg Olifant Se Vraag (Afrikaans, Hardcover)
Leen Van Den Berg; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Shane Kleyn
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir 'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met 'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis, Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.

Hondjies (Afrikaans, Paperback): Fiona Watt Hondjies (Afrikaans, Paperback)
Fiona Watt; Illustrated by Lizzie Mackay; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 8 working days

'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.

Andries Anders - N Reis Met Die Wind (Afrikaans, Hardcover): Miriam Koch Andries Anders - N Reis Met Die Wind (Afrikaans, Hardcover)
Miriam Koch; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Miriam Koch; Translated by Nicol Stassen
R148 Discovery Miles 1 480 Ships in 4 - 8 working days

Andries Anders vertel die verhaal van 'n droomverlore skaap wat graag reis. Hy het in die noorde aan die kus langs 'n gestreepte rooi vuurtoring sy plek tussen 'n trop skape gevind. Wanneer die wind egter stories oor die see aanwaai en van verre plekke vertel, ontwaak sy avontuurlus. En dan onderneem Andries en sy maat, die meeu, 'n wonderbaarlike reis na die fassinerendste plekke op aarde. Hulle troue begeleier is die wind, saam met wie hulle ten einde weer daar land waar dit tog die mooiste is: tuis! 'n Poetiese boek met subtiele illustrasies, vir almal wat hulle tuistes liefhet, maar ook van ver plekke hou. Hierdie is die tweede boek van die skaap Andries Anders wat Protea Boekhuis vertaal en publiseer.

Die Maanblom (Afrikaans, Hardcover): Einar Turkowski Die Maanblom (Afrikaans, Hardcover)
Einar Turkowski; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie ... tot een magiese volmaannag.

Modes van Lank Gelede (Afrikaans, Paperback): Lucy Bowman, Louie Stowell Modes van Lank Gelede (Afrikaans, Paperback)
Lucy Bowman, Louie Stowell; Illustrated by Stella Baggott; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 8 working days

'n Boek vir jong kreatiewe dogtertjies wat in mode belang stel. Jong dogtertjies kan op 'n pret en leersame wyse met mode kennismaak deur hierdie aanvulling tot die gewilde “Sticker Dolly Dressing” reeks van die Britse uitgewershuis Usborne. Die manlike en vroulike poppe kan aangetrek word in outentieke klere deur meer as 200 plakkers te gebruik. Temas sluit in die Antieke Egipte, Antieke Rome, Antieke Sjina, Engeland in die Middeleeue, Spanje in die 1500’s, die Victoriaanse tye en die minirokkies van die 1960’s. Dit is die tweede boek in die reeks wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.

Katjies (Afrikaans, Paperback): Lizzie Mackay Katjies (Afrikaans, Paperback)
Lizzie Mackay; Translated by Rentia Bartlett-Mohl
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 8 working days

’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mosquito Killer (White)
R499 R225 Discovery Miles 2 250
Wish
Blu-ray disc R763 R557 Discovery Miles 5 570
Peptine Pro Canine/Feline Hydrolysed…
R369 R299 Discovery Miles 2 990
Pineware Steam, Spray, Dry Iron (1400W)
R299 R247 Discovery Miles 2 470
Barbie - 4K Ultra HD + Blu-Ray
Margot Robbie, Ryan Gosling Blu-ray disc R767 R513 Discovery Miles 5 130
Large 1680D Boys & Girls Backpack…
R507 Discovery Miles 5 070
Match Game Scene Perception (30Pieces)
R99 R92 Discovery Miles 920
Metalix Square Non Stick Pan
R159 R49 Discovery Miles 490
Fine Living E-Table (Black | White)
 (7)
R319 R199 Discovery Miles 1 990
Gloria
Sam Smith CD R407 Discovery Miles 4 070

 

Partners